| verdelg [boodskap #148254] |
Sa., 14 Junie 2025 19:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verdelg
Afbreking: ver•delg
Samestelling: ver- + delg
Werkwoord: verdelg
Verlede tyd: het verdelg
Betekenis:
• Om totaal te vernietig en uit te roei.
Gebruik:
• Ek gaan 'n oorstroming oor die aarde laat kom om al wat daarop lewe, te verdelg, elke lewende ding onder die hemel.
Sinoniem:
• afmaai
• doodmaak
• uitdelg
• uitmoor
• uitroei
• uitwis
• verdoem
• vernietig
• verpletter
• verwoes
Afgelei:
• verdelger
• verdelging
Vertaling:
Engels: to eradicate, exterminate, destroy
Nederlands: verdelgen
Byvoeglike naamwoord: verdelg
Attributief: verdelgde
Betekenis:
• Wat verdoem is.
Gebruik:
• ... en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly. [Job 15:28]
Vertaling:
Engels: eradicated, destroyed, exterminated
Nederlands: verdelgd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|