Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skaamheuwel
skaamheuwel [boodskap #148226] Do., 12 Junie 2025 12:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24288
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skaamheuwel
Afbreking: skaam•heu•wel
Samestelling: skaam + heuwel


Selfstandige naamwoord: skaamheuwel
Meervoud: skaamheuwels
Verkleinwoord: skaamheuweltjie
Meervoud van verkleining: skaamheuweltjies

Betekenis:
• 'n Bult van sagte vetweefsel om die skaamdele, die mons pubis by mans of mons veneris by vroue.

Gebruik:
• Die skaamheuwel is by albei geslagte aanwesig, maar is duideliker sigbaar by vroue.

Sinoniem:
• venusberg
• venusheuwel

Vertaling:
Engels: pubic mound, mons
Nederlands: schaamheuvel, venusheuvel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skaamstreek
Volgende onderwerp: skaamdeel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jan. 12 03:41:02 UTC 2026