Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stoelgang
stoelgang [boodskap #148212] Wo., 11 Junie 2025 11:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24165
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stoelgang
Afbreking: stoel•gang
Samestelling: stoel + gang


Selfstandige naamwoord: stoelgang
Meervoud: stoelgange

Betekenis:
• Die proses waardeur onverteerde reste deur die derms beweeg.
• Die onverteerde reste wat tydens defekasie uitgewerp word.

Gebruik:
• Veselryke voedsel bevorder die stoelgang.
• Bloed in die stoelgang is 'n aanduiding van moontlike skade aan die dermkanaal.

Sinoniem:
• ekskrement
• drek
• feses
• kak
• mis
• ontlasting
• opelyf
• poef
• stront
• uitskeiding
• uitwerpsel

Vertaling:
Engels: defecation, evacuation; stool, excrement, faeces, feces
Nederlands: stoelgang

Nota:
• Van Duits, Stuhlgang, 'n verwysing na die diskrete stappie na die sogenaamde nagstoel ('n outydse meubelstuk met 'n pot).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fokken
Volgende onderwerp: onverteer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 16:55:39 UTC 2025