Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » buitel
buitel [boodskap #148182] Ma., 09 Junie 2025 09:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
buitel
Afbreking: bui•tel


Werkwoord: buitel
Verlede tyd: het gebuitel

Betekenis:
• (ongewoon) Om bollemakiesie te staan; 'n salto maak.

Gebruik:
• Hy swem met sterk hale en buitel soos 'n dolfyn. [Hennie Aucamp]
• Toe hy Koki gewaar, het hy aapagtig in die gras baljaar, gebuitel met swart bene in die lug. [Raka, N.P. Van Wyk Louw]

Sinoniem:
• tuimel

Afgelei:
• afbuitel
• ombuitel

Vertaling:
Engels: to tumble, roll, somersault
Nederlands: buitelen

Nota:
• Moenie "buitel" met "beitel" (kerf en kap) of "bytel" (plus) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: manatee
Volgende onderwerp: aapagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 13:39:27 UTC 2025