| beneweld [boodskap #148177] |
So., 08 Junie 2025 18:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beneweld
Afbreking: be•ne•weld
Samestelling: benewel + -d
Byvoeglike naamwoord: benewel, beneweld
Attributief: benewelde
Betekenis:
• Wat deur 'n newel of mis bedek is.
• Wat effens wasig of dronk in die kop is.
Gebruik:
• Die uitsig is beneweld.
• Die vars lug laat sy benewelde brein verhelder.
Sinoniem:
• aangeskote
• betrokke
• duiselig
• dynserig
• lighoofdig
• mistig
• newelagtig
• versluierd
• wasig
Antoniem:
• onbeneweld
Vertaling:
Engels: fogged, hazy, fuddled
Nederlands: beneveld
Nota:
• Voltooide deelwoord van benewel.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|