Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitvaagsel
uitvaagsel [boodskap #148172] Sa., 07 Junie 2025 15:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24181
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitvaagsel
Afbreking: uit•vaag•sel


Selfstandige naamwoord: uitvaagsel
Meervoud: uitvaagsels

Betekenis:
• 'n Slegte persoon, of iets wat weggegooi word. Iemand van slegte inbors wat uit die gemeenskap uitgewerp is.

Gebruik:
• U het ons die uitvaagsel gemaak, die skuim onder die volke. [Klaagliedere 3:45]

Sinoniem:
• barbaar
• droesem
• gespuis
• skorriemorrie
• skuim
• skobbejak
• uitskot
• uitwerpsel
• wegwerpsel

Vertaling:
Engels: scum, riffraff, throw-outs
Nederlands: uitvaagsel

Nota:
• Letterlik, die rommel wat uitgevee is.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: volksplanting
Volgende onderwerp: verpoos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 18:51:07 UTC 2025