| velaar [boodskap #148163] |
Vr., 06 Junie 2025 14:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
velaar
Afbreking: ve•laar
Selfstandige naamwoord: velaar
Meervoud: velare
Betekenis:
• 'n Klank wat naby of teen die sagte verhemelte (Latyn: velum) gevorm is.
Gebruik:
• Voorbeelde van velare in Afrikaans is die 'g' (soos in gaap), die sagter 'ch' (soos in China) en die 'ng' (soos in ding).
Sinoniem:
• velêr
Vertaling:
Engels: velar consonant
Nederlands: velaar, velair
Byvoeglike naamwoord: velaar
Attributief: velare
Betekenis:
• Wat naby of teen die sagte verhemelte gevorm is.
Gebruik:
• Die harde k in Afrikaans (soos in "kies") is 'n velare medeklinker.
Vertaling:
Engels: velar
Nederlands: velaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|