| keisteen [boodskap #148161] |
Do., 05 Junie 2025 17:30 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
keisteen
Afbreking: kei•steen
Samestelling: kei + steen
Selfstandige naamwoord: keisteen
Meervoud: keistene
Verkleinwoord: keisteentjie
Meervoud van verkleining: keisteentjies
Betekenis:
• 'n Ronderige spoelklip (waarmee paaie o.a. in die ou tyd uitgelê is), of by uitbreiding, 'n gekapte plaveiselsteen.
Gebruik:
• Die motor stamp en ratel oor die ou straatjie se keistene.
Sinoniem:
• straatklip
• straatsteen
Afgelei:
• keisteenhamer
• keisteenhard
Vertaling:
Engels: cobble stone
Nederlands: keisteen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|