| palatalisering [boodskap #148152] |
Do., 05 Junie 2025 08:30 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24183 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
palatalisering
Afbreking: pa•la•ta•li•se•ring
Samestelling: palataliseer + -ing
Selfstandige naamwoord: palatalisering
Meervoud: palataliseringe, palataliserings
Betekenis:
• 'n Klankverskuiwing waar die artikulasie van 'n medeklinker, meestal onder invloed van 'n naburige klank, in die rigting van die harde verhemelte (die palatum) verskuif.
Gebruik:
• 'n Voorbeeld van palatalisering is wanneer die woord "kind" as "kjint" uitgespreek word.
Sinoniem:
• palatalisasie
Antoniem:
• depalatalisering
Afgelei:
• palataliserend
Vertaling:
Engels: palatalisation, palatalization
Nederlands: palatalisatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|