| spangees [boodskap #148111] |
Sa., 31 Mei 2025 10:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24189 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spangees
Afbreking: span•gees
Samestelling: span + gees
Selfstandige naamwoord: spangees
Meervoud: –
Betekenis:
• Die gesindheid onder spanlede; gewilligheid om as 'n span saam te werk.
Gebruik:
• Deelname aan sport en ander aktiwiteite bou vriendskappe en ook spangees.
Sinoniem:
• kameraadskap
• kameraderie
• moraal
• solidariteit
Vertaling:
Engels: team spirit
Frans: esprit de corps
Nederlands: teamgeest
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|