| inkennig [boodskap #148104] |
Sa., 31 Mei 2025 08:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24181 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inkennig
Afbreking: in•ken•nig
Byvoeglike naamwoord: inkennig
Vergrotende trap: inkenniger
Oortreffende trap: inkennigste
Attributief: inkennige
Betekenis:
• Wat skaam, sku en teruggetrokke is.
Gebruik:
• Die kind is inkennig en praat nie sommer met vreemde mense nie.
Sinoniem:
• afgetrokke
• bangerig
• bedees
• beskroomd
• kopsku
• menssku
• skaam
• skamerig
• sku
• skugter
• teruggetrokke
• verleë
Wisselvorm:
• eenkennig
Afgelei:
• inkennigheid
Vertaling:
Engels: shy, timid
Nederlands: inkennig
Nota:
• Oorspronklik van eenkennig, "wat net een persoon wil ken".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|