| droefgeestig [boodskap #148102] |
Sa., 31 Mei 2025 07:14 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
droefgeestig
Afbreking: droef•gees•tig
Samestelling: droef + gees + -tig
Byvoeglike naamwoord: droefgeestig
Vergrotende trap: droefgeestiger
Oortreffende trap: droefgeestigste
Attributief: droefgeestige
Betekenis:
• Wat verdrietig en pessimisties van gemoed is.
Gebruik:
• Die stemming in die gemeente was ernstig en droefgeestig.
• 'n Gevoel van droefgeestige eensaamheid het haar beetgepak.
Sinoniem:
• bedruk
• bekaf
• droewig
• ellendig
• melancholies
• mismoedig
• neerslagtig
• pessimisties
• somber
• swaarmoedig
• swartgallig
• triestig
• troosteloos
• verdrietig
Afgelei:
• droefgeestigheid
Vertaling:
Engels: dejected, gloomy, dolorous, sad, sombre
Nederlands: droefgeestig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|