| sinkplaatpad [boodskap #148097] |
Vr., 30 Mei 2025 15:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sinkplaatpad
Afbreking: sink•plaat•pad
Samestelling: sinkplaat + pad
Selfstandige naamwoord: sinkplaatpad
Meervoud: sinkplaatpaaie
Verkleinwoord: sinkplaatpaadjie
Meervoud van verkleining: sinkplaatpaadjies
Betekenis:
• 'n Pad wat soos 'n sinkplaat gegolf/geriffel is.
Gebruik:
• Hoe vinniger hy op die sinkplaatpad ry, hoe vinniger klap sy valstande teen mekaar.
Vertaling:
Engels: corrugated road
Nederlands: gegolfde weg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|