| loodswaaier [boodskap #148093] |
Vr., 30 Mei 2025 13:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24234 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
loodswaaier
Afbreking: lood•swaai•er
Samestelling: lood + swaai + -er
Selfstandige naamwoord: loodswaaier
Meervoud: loodswaaiers
Betekenis:
• 'n Lui mens; iemand wat lyf wegsteek.
Gebruik:
• Ek is nie 'n loodswaaier nie, ek werk vol dag.
Sinoniem:
• luiaard
• luigat
• luilak
Vertaling:
Engels: lazy person, lazybones
Nederlands: luiaard
Nota:
• Oorspronklik die persoon op 'n skip wat die dieptelood/peillood hanteer het om die diepte van die seebodem te bepaal, maar ook soms gemaak het of hy werk en die skip laat strand het.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|