| tinger [boodskap #148087] |
Vr., 30 Mei 2025 07:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24205 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tinger
Afbreking: ten•ger
Byvoeglike naamwoord: tinger
Vergrotende trap: tingerder
Oortreffende trap: tingerste
Attributief: tinger
Betekenis:
• Wat slank en fyn gebou is.
Gebruik:
• As skoolkind was hy geterg, want hy was klein en tinger en kon nie by sy klasmaats op die sportveld byhou nie.
Wisselvorm:
• tenger
Sinoniem:
• breekbaar
• broos
• delikaat
• dun
• fyn
• maer
• pieperig
• rietskraal
• skraal
• slank
• swak
• teer
Afgelei:
• tingerheid
• tingerig
Vertaling:
Engels: slender, slim, petite, fragile, weak
Nederlands: tenger
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|