| sertifiseer [boodskap #148083] |
Do., 29 Mei 2025 15:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24274 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sertifiseer
Afbreking: ser•ti•fi•seer
Werkwoord: sertifiseer
Verlede tyd: het gesertifiseer
Betekenis:
• Om te verklaar dat iets eg is, of aan bepaalde eise en standaarde voldoen.
Gebruik:
• Die polisie sertifiseer die dokumente.
• Die gebied is as malariavry gesertifiseer.
Sinoniem:
• bekragtig
• bevestig
• endosseer
• getuig
• konstateer
• verifieer
• verklaar
• waarmerk
Afgelei:
• sertifiseerbaar
Vertaling:
Engels: to certify
Nederlands: ertificeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|