| rusiemakerig [boodskap #148081] |
Do., 29 Mei 2025 15:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rusiemakerig
Afbreking: ru•sie•ma•ke•rig
Byvoeglike naamwoord: rusiemakerig
Attributief: rusiemakerige
Betekenis:
• Wat graag rusie maak.
Gebruik:
• Met so 'n rusiemakerige gesindheid sal jy nie ver kom nie.
Sinoniem:
• bakleierig
• rusiesoekerig
• skoorsoekerig
• stryerig
• twisgierig
• twissiek
Vertaling:
Engels: quarrelsome, argumentative
Nederlands: twistziek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|