| oorgehaal [boodskap #148080] |
Do., 29 Mei 2025 14:57 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorgehaal
Afbreking: oor•ge•haal
Byvoeglike naamwoord: oorgehaal
Attributief: oorgehaalde
Betekenis:
• Wat in gereedheid gebring is (soos die veer van 'n vuurwapen wat teruggetrek is).
Gebruik:
• Ek is oorgehaal vir aksie.
• Die tannie sit op die stoep met 'n oorgehaalde geweer en wag vir die oom om huis toe te kom.
Sinoniem:
• gereed
• strydvaardig
• voorbereid
Afgelei:
• halfoorgehaal
Vertaling:
Engels: cocked; prepared, ready, all set
Nederlands: overgehaald
Nota:
• Voltooide deelwoord van oorhaal.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|