| draadtrek [boodskap #148071] |
Wo., 28 Mei 2025 10:28 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24235 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
draadtrek
Afbreking: draad•trek
Samestelling: draad + trek
Werkwoord: trek draad, draadtrek
Verlede tyd: het draadgetrek
Betekenis:
• Om draad te span.
• (vulgêr) Om te masturbeer; die geslagsorgaan stimuleer.
Gebruik:
• Die boer het tot laat die aand draadgetrek om die nuwe heining klaar te kry.
• Op dertig behoort 'n man nie meer draad te trek nie.
Sinoniem:
• masturbeer
• riemruk
• skommel
Afgelei:
• draadtrekker
• draadtrekkery
Vertaling:
Engels: to pull wire; to wank, masturbate
Nederlands: draadtrekken; masturberen, aftrekken
Selfstandige naamwoord: draadtrek
Meervoud: –
Betekenis:
• (vulgêr) Masturbasie/ selfbevrediging.
Gebruik:
• Draadtrek gee 'n mens hare op jou palms. Ek hoor draadtrek is die beste oefening om jou voorarms te bou.
Vertaling:
Engels: masturbation
Nederlands: masturbatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|