| verwelkomend [boodskap #148064] |
Wo., 28 Mei 2025 08:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24234 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verwelkomend
Afbreking: ver•wel•ko•mend
Samestelling: verwelkom + -end
Byvoeglike naamwoord: verwelkomend
Attributief: verwelkomende
Betekenis:
• Wat mense verwelkom.
Gebruik:
• Ons moet 'n bietjie meer akkommoderend, verdraagsaam en verwelkomend teenoor nuwe gebruikers wees.
Sinoniem:
• gesellig
• gasvry
• herbergsaam
• hartlik
• vriendelik
• warm
Vertaling:
Engels: welcoming
Nederlands: verwelkomend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van verwelkom.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|