Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bronstig
bronstig [boodskap #148059] Di., 27 Mei 2025 17:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24185
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bronstig
Afbreking: bron•stig
Samestelling: brons + -tig


Byvoeglike naamwoord: bronstig
Vergrotende trap: bronstiger
Oortreffende trap: bronstigste
Attributief: bronstige

Betekenis:
• Wat na paring verlang. Met 'n drang na voortplanting.

Gebruik:
• Skape is in die herfs bronstig.
• Soos bronstige hingste het hulle geword, hulle runnik elkeen agter sy naaste se vrou aan. [Jeremia 5:8]

Sinoniem:
• buls
• hitsig
• jags
• katools
• loops
• wellustig

Afgelei:
• bronstigheid

Vertaling:
Engels: on heat
Nederlands: bronstig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: staatsinstelling
Volgende onderwerp: boomgom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 25 17:24:06 UTC 2025