| dankbrief [boodskap #148053] |
Ma., 26 Mei 2025 15:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dankbrief
Afbreking: dank•brief
Samestelling: dank + brief
Selfstandige naamwoord: dankbrief
Meervoud: dankbriewe
Verkleinwoord: dankbriefie
Meervoud van verkleining: dankbriefies
Betekenis:
• 'n Brief waarin iemand bedank word.
Gebruik:
• Sy het 'n dankbrief aan die polisielede geskryf om dankie te sê dat hulle haar gehelp het.
Sinoniem:
• bedankingsbrief
• dankiebrief
• dankiesêbrief
Vertaling:
Engels: thank you letter
Nederlands: dankbrief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|