| aanpor [boodskap #147988] |
Wo., 21 Mei 2025 08:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24288 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanpor
Afbreking: aan•por
Samestelling: aan + por
Werkwoord: por aan, aanpor
Verlede tyd: het aangepor
Betekenis:
• Om tot aksie aan te moedig.
Gebruik:
• Sy vriende por hom aan om in die swembad in te spring.
• Die man is skuldig bevind nadat hy ander tot geweld aangepor het.
Sinoniem:
• aanhits
• aanmaan
• aanmoedig
• aanspoor
• aanstook
• opdreun
• opstook
• opsweep
Afgelei:
• aanporder
• aanporring
Vertaling:
Engels: to sour on, urge on
Nederlands: aanporren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|