| storielyn [boodskap #147979] |
Di., 20 Mei 2025 10:19 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
storielyn
Afbreking: sto•rie•lyn
Samestelling: storie + lyn
Selfstandige naamwoord: storielyn
Meervoud: storielyne
Betekenis:
• Die chronologiese verloop van gebeure (intrige en ontwikkeling) in 'n verhaal.
Gebruik:
• Die storielyn maak 'n dramatiese wending toe die hoofkarakter se vrou vermoor word.
Sinoniem:
• intrige
• ontwikkeling
• plot
• verloop
• verwikkeling
Vertaling:
Engels: storyline
Nederlands: verhaallijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|