Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit Beeld
Uit Beeld [boodskap #14795] Sa, 16 Mei 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
14 Mei

"...die moord op Daniël Marais van die plaas Mariedale by Koffiefontein in
die Vrystaat. Marais is Dinsdag deur 'n werker vermoor kort nadat hy vir die
werker borg betaal het en die werker saam met Marais en sy vrou aandete
geëet het. "
Re: Uit Beeld en Landbou Weekblad [boodskap #14796 is 'n antwoord op boodskap #14795] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Jennifer Lynne  is tans af-lyn  Jennifer Lynne
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Die artikel is ook in die huidige landbou weekblad. Dis dan seker maar die
eerste maal dat 'n kleurling boer nou die slagoffer is. Is daar nou te min
blankes vir die bloeddorstige moordenaars van die ANC?

Kleurling-boer op sy plaas doodgesteek

NIE net blanke boere is meer die teiken van moordenaars nie. Die
eerste gekleurde boer is in sy
huis op sy plaas op die Oppermansgronde naby Koffiefontein na
bewering deur een van sy werkers
vermoor.

Mnr. Daniel Marais (65) van die plaas Mariesdale is op 12 Mei,
terwyl hy en 'n werker in die eetkamer
gesit het, met 'n mes doodgesteek. Sy vrou, Maria, sê sy was in
die kamer toe sy iemand hoor roggel het.
Sy het in die eetkamer op haar bebloede man afgekom, terwyl die
werker, wat saam met hom televisie
gekyk het, besig was om te vlug.

Sy het die deur gesluit en haar man probeer help, waarna die
werker 'n venster gebreek en in die huis
teruggeklim het. Die man het haar en haar kleinkind aangerand,
maar sy het daarin geslaag om spuitstof
in sy oë te spuit en weg te hardloop na 'n buurplaas sowat 5 km
ver.

Meer hier: http://www.landbou.com/lb_nuus.htm#nuus2

Nog 'n klein "interessanterigheidjie"... Vandag kos 'n jaar se lidmaatskap op
die Landbou Weekblad R312.52
In 1976 was dit maar 'n "armzalige" R10.50 of 25 cent per week Het julle nou
werklik Sooooooooo Baie inflasie sinds 1993?? Ek onthou die Rand was toe $1 -
R2.80 Sedert 1976 was daar al meer as 3000% inflasie??? Dis ongelooflik!!

Leendert van Oostrum wrote:

> 14 Mei
>
> "...die moord op Daniël Marais van die plaas Mariedale by Koffiefontein in
> die Vrystaat. Marais is Dinsdag deur 'n werker vermoor kort nadat hy vir die
> werker borg betaal het en die werker saam met Marais en sy vrou aandete
> geëet het. "
Vorige onderwerp: Re: Van Mutimoord gepraat....
Volgende onderwerp: Idees vir webwerf Afrikaans.co.za
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 21:45:45 MGT 2024