| ondergeskik [boodskap #147924] |
Sa., 10 Mei 2025 09:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24222 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ondergeskik
Afbreking: on•der•ge•skik
Samestelling: onder + geskik
Byvoeglike naamwoord: ondergeskik
Vergrotende trap: ondergeskikter
Oortreffende trap: ondergeskikste
Attributief: ondergeskikte
Betekenis:
• Wat minder belangrik, of laer in rang is.
Gebruik:
• Wees ondergeskik aan mekaar uit ontsag vir Christus. [Efesiërs 5:21].
Sinoniem:
• afhanklik
• bykomstig
• diensbaar
• inferieur
• minderwaardig
• onderdanig
• onderhorig
• onderworpe
• sekondêr
Afgelei:
• ondergeskiktes
• ondergeskiktheid
Vertaling:
Engels: subordinate, secondary, inferior, subservient
Nederlands: ondergeschikt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|