Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verdienstelik
verdienstelik [boodskap #147915] Do., 08 Mei 2025 18:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24175
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdienstelik
Afbreking: ver•diens•te•lik
Samestelling: verdienste + -lik


Byvoeglike naamwoord: verdienstelik
Vergrotende trap: verdiensteliker
Oortreffende trap: verdienstelikste
Attributief: verdienstelike

Betekenis:
• Met verdienste. Wat verdien is en erkenning toekom.

Gebruik:
• Die poging was weliswaar nie perfek nie, maar dit is verdienstelik!

Sinoniem:
• aanbevelenswaardig
• bewonderenswaardig
• eervol
• lofwaardig
• prysenswaardig

Antoniem:
• onverdienstelik

Afgelei:
• verdienstelikes
• verdienstelikheid

Vertaling:
Engels: worthy of merit, meritorious, creditable, deserving
Nederlands: verdienstelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skemering
Volgende onderwerp: tradisievas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 05:48:13 UTC 2025