| kiets [boodskap #147888] |
So., 04 Mei 2025 07:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kiets
Afbreking: kiets
Byvoeglike naamwoord: kiets
Attributief: kiets
Betekenis:
• (informeel) Wat niks aan 'n ander verskuldig is nie.
Gebruik:
• Hier is die laaste betaling. Ons is nou kits.
Sinoniem:
• gelyk
• gelykop
Vertaling:
Engels: quits, even, equal, square
Nederlands: quitte, even, gelijk
Selfstandige naamwoord: kiets
Meervoud: kietse
Verkleinwoord: kietsie
Meervoud van verkleining: kietsies
Betekenis:
• (informeel) Troetelnaam vir 'n kat, of 'n uitroep om 'n kat nader te lok.
Gebruik:
• Kyk al die mooi kietsies.
• Kietsie, kietsie! Kom hier kiets.
Sinoniem:
• kat
Vertaling:
Engels: cat, kitten
Nederlands: poes, kitten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|