| swierbol [boodskap #147865] |
Wo., 30 April 2025 19:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24274 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swierbol
Afbreking: swier•bol
Samestelling: swier + bol
Selfstandige naamwoord: swierbol
Meervoud: swierbolle
Betekenis:
• 'n Flambojante, pronkerige of modieuse persoon.
• Iemand wat graag partytjie hou, rinkink en losbandig leef.
Gebruik:
• Staal Burger is 'n swierbol met 'n oog vir vinnige motors en mooi meisies.
• 'n Paar swierbolle sing dronkmansliedjies by die kroeg.
Sinoniem:
• blinkmeneer
• blinknerf
• fuiwer
• laventelhaan
• poumannetjie
• pronker
• joller
• losbol
• pierewaaier
• plesierjagter
• pretmaker
Afgelei:
• swierbollewe
Vertaling:
Engels: playboy, pleasure hunter, joller
Nederlands: zwierbol, plezierjager
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|