Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lokatief
lokatief [boodskap #147854] Di., 29 April 2025 12:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26787
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
lokatief
Afbreking: lo•ka•tief
Samestelling: lokasie + -ief
Uitspraak: /ˈluə̯kɑtif/


Selfstandige naamwoord: lokatief
Meervoud: lokatiewe

Betekenis:
• 'n Woord wat verbuig is om plek aan te dui. Die pleksaanduidende naamval.

Gebruik:
• Die Zoeloe woord igoli beteken "goud", maar die lokatief daarvan, eGoli, beteken letterlik "die plek van goud".
• Lokatiewe is algemeen in Afrikatale, maar in Afrikaans gebruik ons voorsetsels (in, op, by, van, ens.) om plek aan te dui.

Afkorting:
• lok.

Vertaling:
Engels: locative case
Nederlands: locatief


Byvoeglike naamwoord: lokatief
Attributief: lokatiewe

Betekenis:
• Wat plek/ ligging aandui.

Gebruik:
• Die voorvoegsel e- van eGoli het dus 'n lokatiewe funksie.

Sinoniem:
• lokatiwies

Vertaling:
Engels: locative
Nederlands: locatief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: regstelsel
Volgende onderwerp: lughartig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Okt. 09 17:53:49 UTC 2026