| lokatief [boodskap #147854] |
Di., 29 April 2025 12:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24208 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lokatief
Afbreking: lo•ka•tief
Samestelling: lokasie + -ief
Uitspraak: /ˈluə̯kɑtif/
Selfstandige naamwoord: lokatief
Meervoud: lokatiewe
Betekenis:
• 'n Woord wat verbuig is om plek aan te dui. Die pleksaanduidende naamval.
Gebruik:
• Die Zoeloe woord igoli beteken "goud", maar die lokatief daarvan, eGoli, beteken letterlik "die plek van goud".
• Lokatiewe is algemeen in Afrikatale, maar in Afrikaans gebruik ons voorsetsels (in, op, by, van, ens.) om plek aan te dui.
Afkorting:
• lok.
Vertaling:
Engels: locative case
Nederlands: locatief
Byvoeglike naamwoord: lokatief
Attributief: lokatiewe
Betekenis:
• Wat plek/ ligging aandui.
Gebruik:
• Die voorvoegsel e- van eGoli het dus 'n lokatiewe funksie.
Sinoniem:
• lokatiwies
Vertaling:
Engels: locative
Nederlands: locatief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|