| satellietbeeld [boodskap #147843] |
Ma., 28 April 2025 07:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
satellietbeeld
Afbreking: sa•tel•liet•beeld
Samestelling: satelliet + beeld
Selfstandige naamwoord: satellietbeeld
Meervoud: satellietbeelde
Betekenis:
• 'n Foto wat vanuit 'n satelliet in die ruimte geneem is.
Gebruik:
• Die resolusie van die satellietbeeld word bepaal deur die hoogte van die satelliet se wentelbaan en die sensitiwiteit van die instrument wat gebruik word.
Sinoniem:
• ruimtebeeld
• satellietfoto
Vertaling:
Engels: satellite image
Nederlands: satellietbeeld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|