Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » twisgierig
twisgierig [boodskap #147841] So., 27 April 2025 10:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
twisgierig
Afbreking: twis•gie•rig
Samestelling: twis + gierig


Byvoeglike naamwoord: twisgierig
Vergrotende trap: twisgieriger
Oortreffende trap: twisgierigste
Attributief: twisgierige

Betekenis:
• Geneig om twis. Wat maklik baklei en moeilikheid soek.

Gebruik:
• Dit is beter om in die woestyn te woon as by 'n twisgierige en woedende vrou. [Spreuke 21:19]

Sinoniem:
• antagonisties
• bakleierig
• heethoofdig
• militant
• onstuimig
• onverdraagsaam
• opvlieënd
• strydlustig
• twissiek
• veglustig

Afgelei:
• twisgierigheid

Vertaling:
Engels: quarrelsome, termagant
Nederlands: twisgierig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verdrietig
Volgende onderwerp: vredesmag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 22:46:23 UTC 2025