Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verleidelik
verleidelik [boodskap #147835] So., 27 April 2025 09:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24163
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verleidelik
Afbreking: ver•lei•de•lik
Samestelling: verlei(d) + -elik


Byvoeglike naamwoord: verleidelik
Vergrotende trap: verleideliker
Oortreffende trap: verleidelikste
Attributief: verleidelike
Partitief: verleideliks

Betekenis:
• Wat 'n mens verlei (verkeerd lei); in die versoeking bring.

Gebruik:
• Die duiwel se leuens is verleidelik, maar moenie daardeur bedrieg word nie.
• Hy ruik die verleidelike reuk van vars brood uit die kombuis.

Sinoniem:
• aanloklik
• begeerlik
• bekoorlik
• onweerstaanbaar
• prikkelend
• uitlokkend
• verlokkend

Afgelei:
• verleidelikheid

Vertaling:
Engels: tempting, enticing, seductive
Nederlands: verleidelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jags
Volgende onderwerp: viertalig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 15:37:05 UTC 2025