Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onsmaaklik
onsmaaklik [boodskap #147822] Sa., 26 April 2025 09:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onsmaaklik
Afbreking: on•smaak•lik
Samestelling: on- + smaaklik


Byvoeglike naamwoord: onsmaaklik
Vergrotende trap: onsmaakliker
Oortreffende trap: onsmaaklikste
Attributief: onsmaaklike
Partitief: onsmaakliks

Betekenis:
• Wat nie smaaklik proe nie.
• (figuurlik) Wat onaangenaam en nie lekker is nie.

Gebruik:
• Die kos was koud en onsmaaklik.
• Sy grappies is onsmaaklik. Ná die onsmaaklike twis het hulle nie weer met mekaar gepraat nie.

Sinoniem:
• aanstootlik
• afstootlik
• goor
• gruwelik
• naar
• onaangenaam
• onaanloklik
• ongenietbaar
• ongewens
• onverkwiklik
• pynlik
• smaakloos
• walglik
• weersinwekkend

Antoniem:
• smaaklik

Afgelei:
• onsmaaklikheid

Vertaling:
Engels: unsavoury, distasteful; unpleasant, disagreeable
Nederlands: onsmakelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ongenaakbaar
Volgende onderwerp: onverbloem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jan. 02 03:59:18 UTC 2026