Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skrywe
skrywe [boodskap #147809] Wo., 23 April 2025 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skrywe
Afbreking: skry•we


Selfstandige naamwoord: skrywe
Meervoud: skrywes
Verkleinwoord: skrywetjie
Meervoud van verkleining: skrywetjies

Betekenis:
• Iets wat geskryf is.

Gebruik:
• Niemand het op my skrywe gereageer nie.

Sinoniem:
• brief
• korrespondensie
• pennevrug

Vertaling:
Engels: letter
Nederlands: schrijven


Werkwoord: skrywe
Verlede tyd: het geskrywe

Betekenis:
• (ongewoon, digterlik) Wisselvorm van skryf.

Gebruik:
• Die troepie skrywe 'n brief vir sy ma.

Spreekwoord:
• Jy kan dit op jou maag skrywe. [Daar sal niks van kom nie.]

Afgelei:
• aanskrywe
• afskrywe
• beskrywe
• byskrywe
• inskrywe
• neerskrywe
• oorskrywe
• opskrywe
• skrywer
• skrywery
• terugskrywe
• toeskrywe
• uitskrywe
• voorskrywe

Vertaling:
Engels: to write
Nederlands: schrijven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: varsheid
Volgende onderwerp: taalriglyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 23:30:27 UTC 2025