Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blinde
blinde [boodskap #147799] So., 20 April 2025 10:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24135
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
blinde
Afbreking: blin•de
Samestelling: blind + -e


Selfstandige naamwoord: blinde
Meervoud: blindes

Betekenis:
• 'n Persoon wat nie kan sien nie.

Gebruik:
• Hy het die dowes laat hoor, die blindes laat sien, die siekes genees en dooies uit die dood opgewek.

Spreekwoord:
• Een blinde kan nie 'n ander lei nie. [Een onkundige persoon kan nie 'n ander help nie.]

Afgelei:
• blinde-instituut
• blindederm
• blindekol
• blindelings
• blindemol
• blindeskool
• blindesorg

Vertaling:
Engels: blind person
Nederlands: blinde


Byvoeglike naamwoord: blind
Vergrotende trap: blinder
Oortreffende trap: blindste
Attributief: blinde
Partitief: blinds

Betekenis:
• Attributiewe vorm van blind.

Gebruik:
• Die blinde man se hond help hom oor die straat.

Spreekwoord:
• 'n Blinde hen kry ook partykeer 'n mieliepit. [Selfs die onwaarskynlike kan gebeur.]

Hiponiem:
• dagblinde
• halfblinde
• kleurblinde
• nagblinde
• sneeublinde
• stokblinde

Vertaling:
Engels: blind
Nederlands: blinde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leermeester
Volgende onderwerp: sieke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 18 13:49:41 UTC 2025