| leermeester [boodskap #147798] |
So., 20 April 2025 10:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24136 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
leermeester
Afbreking: leer•mees•ter
Samestelling: leer + meester
Selfstandige naamwoord: leermeester
Meervoud: leermeesters
Verkleinwoord: leermeestertjie
Meervoud van verkleining: leermeestertjies
Betekenis:
• Persoon wat sy kennis en vaardighede aan ander oordra.
Gebruik:
• Vir 'n beter leermeester kon ons nie vra nie!
Spreekwoord:
• Ondervinding is die beste leermeester. [Om iets self uit te vind is die beste manier om te leer.]
Sinoniem:
• afrigter
• dosent
• instrukteur
• leraar
• leerkrag
• meester
• mentor
• onderwyser
• pedagoog
Vertaling:
Engels: instructor, teacher, tutor
Nederlands: leermeester
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|