Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agteroor
agteroor [boodskap #147791] Sa., 19 April 2025 09:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agteroor
Afbreking: ag•ter•oor
Samestelling: agter + oor


Bywoord: agteroor

Betekenis:
• Ná die agterkant of rugkant toe oor (meestal as deelwoord van 'n werkwoord).

Gebruik:
• Daar is ook diegene wat dan agteroor gaan sit en niks verder doen nie.

Sinoniem:
• agtertoe
• agteruit
• ruggelings
• terug
• terugwaarts

Antoniem:
• vooroor

Hiponiem:
• ruensagteroor

Afgelei:
• agteroorbuig
• agteroordruk
• agteroorgooi
• agteroorkam
• agteroorkantel
• agteroorleun
• agteroorsit
• agteroorslaan
• agteroorsteier
• agteroorstort
• agteroorval

Vertaling:
Engels: backward
Nederlands: achterover

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jeuggroep
Volgende onderwerp: gelykenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 09:21:42 UTC 2025