Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dienskneg
dienskneg [boodskap #147788] Sa., 19 April 2025 07:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dienskneg
Afbreking: diens•kneg
Samestelling: diens + kneg


Selfstandige naamwoord: dienskneg
Meervoud: diensknegte
Verkleinwoord: dienskneggie
Meervoud van verkleining: dienskneggies

Betekenis:
• (Bybel) Iemand wat hom toewy om iemand anders te dien.
• (histories) Iemand wat vir iemand anders werk (dikwels onder dwang, of om 'n skuld af te werk).

Gebruik:
• Paulus was 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God.
• En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. [Matteus 25:21]

Sinoniem:
• bediende
• dienaar
• helper
• slaaf
• werker

Afgelei:
• mededienskneg

Vertaling:
Engels: servant
Nederlands: dienskneg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: natmaak
Volgende onderwerp: kruisdood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 00:15:02 UTC 2025