| aangewese [boodskap #147772] |
Do., 17 April 2025 07:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aangewese
Afbreking: aan•ge•we•se
Byvoeglike naamwoord: aangewys
Attributief: aangewese
Betekenis:
• Wat die beste/ geskikste is vir die situasie.
• Wat van iets afhanklik is.
Gebruik:
• Hy is die aangewese persoon vir die taak.
• Ons is op onsself aangewese. Hulle is aangewese op hulp van die staat.
Sinoniem:
• bevoegdste
• geskikste
• juiste
• korrekte
• regte
• verkose
Antoniem:
• nie-aangewese
• onaangewese
• onbevoegdste
• ongeskikste
Vertaling:
Engels: designated, indicated
Nederlands: aangewezen
Nota:
• Voltooide deelwoord van aanwys.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|