| onverklaarbaar [boodskap #147765] |
Ma., 14 April 2025 00:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onverklaarbaar
Afbreking: on•ver•klaar•baar
Samestelling: on- + verklaarbaar
Byvoeglike naamwoord: onverklaarbaar
Vergrotende trap: onverklaarbaarder
Oortreffende trap: onverklaarbaarste
Attributief: onverklaarbare
Partitief: onverklaarbaars
Betekenis:
• Wat nie verduidelik of verklaar kan word nie.
Gebruik:
• Vreemde vlieënde voorwerpe, oftewel VVV's, is totaal onverklaarbaar.
• Die onderwyser se handgeskrewe notas het op onverklaarbare wyse uit die klas verdwyn.
Sinoniem:
• bonatuurlik
• duister
• geheimsinnig
• misterieus
• onbegryplik
• onkenbaar
• onoplosbaar
• onverstaanbaar
• raaiselagtig
• vreemd
Antoniem:
• verklaarbaar
Afgelei:
• onverklaarbaarheid
Vertaling:
Engels: inexplicable, unexplainable
Nederlands: onverklaarbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|