| leersaam [boodskap #147762] |
So., 13 April 2025 23:28 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
leersaam
Afbreking: leer•saam
Samestelling: leer + -saam
Byvoeglike naamwoord: leersaam
Vergrotende trap: leersamer
Oortreffende trap: leersaamste
Attributief: leersame
Partitief: leersaams
Betekenis:
• Waaruit 'n mens baie kan leer.
Gebruik:
• Die boek is interessant en besonder leersaam.
Sinoniem:
• informatief
• inligtend
• insiggewend
• instruktief
• onderrigtend
• opvoedend
• voorligtend
Afgelei:
• leersaamheid
Vertaling:
Engels: informative, instructive
Nederlands: leersaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|