Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » huislik
huislik [boodskap #147753] Vr., 11 April 2025 13:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24183
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
huislik
Afbreking: huis•lik
Samestelling: huis + -lik


Byvoeglike naamwoord: huislik
Vergrotende trap: huisliker
Oortreffende trap: huislikste
Attributief: huislike
Partitief: huisliks

Betekenis:
• Wat op 'n huisgesin of die huislike lewe betrekking het.
• Wat knus en gesellig is, soos by 'n gelukkige huis.

Gebruik:
• Moenie jou huislike pligte verwaarloos nie.
• Die hotel slaag daarin om 'n huislike atmosfeer te skep.

Sinoniem:
• aangenaam
• bewoonbaar
• huisliewend
• gemoedelik
• gesellig
• intiem

Antoniem:
• onhuislik

Afgelei:
• huislikheid

Vertaling:
Engels: domestic, homely, homy
Nederlands: huislijk, huiselijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: erfnommer
Volgende onderwerp: hups
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 25 13:59:46 UTC 2025