| selfvergoding [boodskap #147751] |
Do., 10 April 2025 12:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
selfvergoding
Afbreking: self•ver•go•ding
Samestelling: self + ver- + god + -ing
Selfstandige naamwoord: selfvergoding
Meervoud: –
Betekenis:
• Handeling om jouself (of jou groep) oormatig op te hef en te verheerlik.
Gebruik:
• Die mens wat God en sy naaste nie liefhet nie, verval maklik tot selfvergoding en selfsugtige sondediens.
Wisselvorm:
• selfvergoddeliking
Sinoniem:
• eieliefde
• egotisme
• ideolatrie
• selfaanbidding
• selfbewondering
• selfliefde
• selfverheerliking
Antoniem:
• selfverloëning
Vertaling:
Engels: self‐worship, self-adulation, self-idolisation
Nederlands: zelfvergoding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|