| kongres [boodskap #147742] |
Ma., 07 April 2025 12:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kongres
Afbreking: kon•gres
Selfstandige naamwoord: kongres
Meervoud: kongresse
Betekenis:
• 'n Groot vergadering van politici of deskundiges op 'n bepaalde vakgebied.
• Die wetgewende liggaam van die VSA.
Gebruik:
• Die spanning in die Nasionale Party bereik breekpunt op die party se Transvaalse kongres op 9 September 1969.
• Die Amerikaanse Kongres bestaan uit die Huis van Verteenwoordigers (Laerhuis) en die Senaat (Hoërhuis).
Hiponiem:
• jaarkongres
• kerkkongres
• partykongres
• streekskongres
• taalkongres
• volkskongres
• vredeskongres
Afgelei:
• kongresganger
• kongresgelde
• kongreslid
• kongresprogram
• kongressitting
• kongresure
Vertaling:
Engels: congress
Nederlands: congres
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|