Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gerusstel
gerusstel [boodskap #147737] So., 06 April 2025 18:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24169
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gerusstel
Afbreking: ge•rus•stel
Samestelling: gerus + stel


Werkwoord: stel gerus, gerusstel
Verlede tyd: het gerusgestel

Betekenis:
• Om te maak dat iemand nie meer onrustig of bang is nie.

Gebruik:
• Hy stel haar gerus dat die spinnekop nou dood is.
• Maar die engel het hulle gerusgestel: "Moenie bang wees nie!" [Lukas 2:10]

Sinoniem:
• bedaar
• bemoedig
• kalmeer
• onderskraag
• paai
• sus
• troos
• verseker
• vertroos

Afgelei:
• gerusstellend
• gerusstelling

Vertaling:
Engels: to put at ease, reassure
Nederlands: geruststellen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: smekend
Volgende onderwerp: gerusstelling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 11:35:05 UTC 2025