| gedienstig [boodskap #145607] |
Di., 18 Junie 2024 09:58  |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24110 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gedienstig
Afbreking: ge•diens•tig
Samestelling: ge- + dienstig
Byvoeglike naamwoord: gedienstig
Vergrotende trap: gedienstiger
Oortreffende trap: gedienstigste
Attributief: gedienstige
Betekenis:
• Wat gewillig en gretig is om te dien; graag diens doen.
Gebruik:
• Selfs 'n gedienstige werker kan maklik sy pos verloor.
Sinoniem:
• behulpsaam
• diensbaar
• diensvaardig
• dienswillig
• gedwee
• gehoorsaam
• gewillig
• hulpvaardig
• inskiklik
• kruiperig
• onderdanig
• onderworpe
• tegemoetkomend
• toeskietlik
Antoniem:
• ongedienstig
Hiponiem:
• oorgedienstig
Afgelei:
• gedienstigheid
Vertaling:
Engels: obliging, officious
Nederlands: gedienstig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
|
|
| Re: gedienstig [boodskap #147715 is 'n antwoord op boodskap #147697] |
Ma., 31 Maart 2025 18:05  |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 544 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Hoewel "gedienstig" hier as 'n byvoeglike naamwoord geklassifiseer word, kan dit ook as 'n bywoord dien.
In die lyn van jou voorbeeld (bywoordelike gebruik), kan werkwoorde soos "is", "was", "word", "maak", "stel", ens. pas.
Hoop dit help!
|
|
|
|