Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lateraal
- lateraal [boodskap #147707] Thu, 27 March 2025 18:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21404
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
lateraal
Afbreking: la•te•raal


Byvoeglike naamwoord: lateraal
Attributief: laterale

Betekenis:
• Aan die sykant, of betreffende die sykant.
• (taalkunde) Waar die lug langs beide kante van die tong vloei.

Gebruik:
• Dit help somtyds om bietjie lateraal te dink.
• Die laterale klanke, soos die "l", word gevorm deur die tong teen die verhemelte te druk terwyl die lug aan die kante van die tong ontsnap.

Sinoniem:
• sydelings
• systandig
• sywaarts

Hiponiem:
• bilateraal
• kollateraal
• kwadrilateraal
• multilateraal
• trilateraal
• unilateraal

Afkorting:
• lat.

Verwant:
• dorsaal
• frontaal
• ventraal

Vertaling:
Engels: lateral
Nederlands: lateraal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vlugvoos
Volgende onderwerp: frikatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Mar 31 21:28:03 UTC 2025