| smuktassie [boodskap #147694] |
So., 23 Maart 2025 11:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24194 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smuktassie
Afbreking: smuk•tas•sie
Samestelling: smuk + tassie
Selfstandige naamwoord: smuktas
Meervoud: smuktasse
Verkleinwoord: smuktassie
Meervoud van verkleining: smuktassies
Betekenis:
• 'n Tassie vir grimering, parfuum, poeier, room en ander kosmetiese produkte waarmee vrouens hulleself opsmuk.
Gebruik:
• Die perdikuris toer van plek tot plek met haar smuktassie om die dames te leer om hulleself op te maak.
Sinoniem:
• damestassie
• grimeertassie
• jesebeltassie
• poeierkwassakkie
• smuksakkie
• toiletsakkie
• tooitassie
• ydelheidstas
Vertaling:
Engels: vanity case
Nederlands: damestasje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|